Uitkomste:
Na hierdie les moet leerders in staat wees om:
- die verskillende soorte idiome te identifiseer.
- die verskynsel van idiomatiese uitdrukkings in ons daaglikse lewe te identifiseer.
- vas te stel op watter wyse idiomatiese uitdrukkings toegepas kan word om ons daaglikse lewe, asook skryfstyl, en dus leeswerk te verryk.
- met mede-leerders saam te werk.
Aanbieding:
Die opvoeder nooi leerders om te verduidelik wat hulle onder die term idiomatiese uitdrukkings verstaan.
Hierna lees die opvoeder 'n kort verhaal deurspek met idiomatiese uitdrukkings, en bied dan die geleentheid aan die leerders om die idiome wat daarin voorkom te identifiseer.
Daarna pen die leerders in hul groepe - waarin hulle reeds vooraf gedeel is - alle idiome neer wat in die leesstuk voorkom.
Die "Noisy Round Robin Method", word toegepas.
Leerders - in hul groepe - soek na die genoemde idiome in tydskrifte - deur die opvoeder verskaf. Hierdie prente word dan op plakkate geplak. Leerders kan ook prente teken wat idiome verteenwoordig.
Na 15 minute word die plakkate tussen die groepe gewissel. 'n Groep mag nie 'n plakkaat meer as een keer onder hande neem nie.
Hierdie proses word herhaal totdat die plakkaat weer die oorspronklike groep bereik.
Nadat hierdie proses voltooi is word elke groep die geleentheid gebied om terugvoering te gee, en hul plakkaat te verduidelik.
Aangesien elke groep (leerder) deel het aan die skep van die plakkaat maak dit besprekings tussen die leerders (leerder-leerder), asook leerder-opvoeder moontlik. Die opvoeder identifiseer dan alle idiome wat in die leesstuk voorkom.
No comments:
Post a Comment