Thursday, 26 July 2012

Spreekwoorde


In die geval dat kinders nog nie aan spreekwoorde bekendgestel is nie, is bogenoemde  hoe hulle dikwels die gesprekke tussen volwassenes ervaar - hulle kan daarvan nie kop of stert uitmaak nie.

Neem as voorbeeld die volgende spreekwoorde:
 
Bolmakiesie slaan.
    Skielik van standpunt verander.

Die boog kan nie altyd gespan wees nie.
    'n Mens kan nie sonder ophou werk nie.

Die Blye Boodskap.
    Die Evangelie.

Daar is 'n geurtjie aan.
'n Saak is nie heeltemal pluis nie.

   

Was jou pa 'n glasmaker?
   Jy staan in my lig.

Omdat hoekom 'n draai is.
  'n Antwoord vir iemand wat kort-kort vra "hoekom?"

Blaf saam met die honde en huil saam met die wolwe.
   Stem met persone van verskillende menings saam.

Krag na kruis.
   Uithouvermoë na gelang 'n mens swaarkry.
"Of jy nou kopkrap oor die regte woorde, kopstukke wil gesels of iemand die leviete wil voorlees, met spreekwoorde en uitdrukkings kan jy die gehoor aan jou lippe laat hang.  En dis nie kluitjies bak nie."
So, hoekom nie kinders inlyf in die daaglikse gebruik van spreekwoorde om meer lyf aan hul taal te gee nie?
"Hoekom nie aan hulle vertel waarom boontjie sy loontjie gekry het nie, van waar Dawid gekom het om die wortels te grawe, waarom Ferreira sy goed moes vat en trek, en wat Kolmuis doen as sy wasgoed vreet nie? Waarom nie met hulle deel  waarom grappies op 'n stokkie kom, Maandae blou is, of hoe jy iemand iets in die skoene kan skuif nie." (Prinsloo, A. F. 2004)
Probeer dit. Dit behoort hope pret te wees!
 

 Bibliografie
Prinsloo, Anton F. 2004. Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom. Pharos





No comments:

Post a Comment