Thursday, 2 August 2012

Idiomatiese uitdrukkings

Wat is idiome en waarom gebruik ons dit?

Idiome is uitdrukkings wat gebruik word om iets op ‘n treffender wyse te sê. Dit verleen kleur aan ons taalgebruik. In plaas daarvan om te sê,
“Sy vrou speel baas oor hom”,
sê ons byvoorbeeld eerder “Hy staan onder die pantoffelregering”.
 In plaas van,
 “hy is onbeskof”,
 kan ons eerder sê “as hy horings gehad het was hy ‘n buffel”.
Idiomatiese uitdrukkings is baie keer totaal onlogies. Of dikwels beteken hulle iets wat glad nie af te lei is van die woorde waaruit hulle saamgestel is nie. Neem as voorbeeld die volgende:
Die kat in die donker knyp.
Die kloutjie by die oor kry, of                       
‘n Wolf in skaapsklere.                         






Lees die onderstaande leesstuk, en identifiseer en verduidelik die idiome wat daarin voorkom.



No comments:

Post a Comment