‘n Vreemdeling in Jerusalem – onbekend is met wat in ‘n mens se onmiddelike omgewing gebeur.
Ek het ‘n voëltjie hoor fluit – ek het verneem; iemand iets hoor sê.
By ‘n nooi vlerksleep – na ‘n nooi vry.
Solank die voël nog vlieg, kan jy hom skiet – al is ‘n meisie verloof kan jy na haar probeer vry.
Die bul by die horings pak – dadelik met ‘n taak begin.
Snuf in die neus kry – op die spoor van iets kom; agterdogtig word.
‘n Padda in sy keel hê – hees wees.
Met die hele mandjie patats vorendag kom – die saak of geheim uitblaker.
Vol jakkalsstreke wees – allerhande geslepe planne hê.
‘n Liefdesbetrekking aanknoop – ‘n vryery begin.
Sowaar as padda manel dra – baie seker.
No comments:
Post a Comment